~Die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie skryf op 17 April 1974die volgende aan die Meester van die Hooggeregshof: "EVKOM-Groeplesewnsversekeringskema. Ek moet u meedeel dat wyle mev. S.E. Blignaut ten tye van haar dood by Evkom werksaam was en dat sy ingevolge bogenoemde skema vir 'n bedrag van R3,360 verseker was. Die oorledene is op 9 Mei 1973 deur haar man mnr. Petrus Gerhardus Hendrik Blignaut, vermoor. Hy is op 30 Oktober 1973 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, waarvan die helfe vir drie jaar opgeskort is. Hy dien tans sy straf uit. Die oorledene laat twee minderjarige dogters agter wat in haar broer. mnr. G. Diedericks, van Posbus 854, Ermelo, se sorg verkeer."