Blignaut Family Genealogy

Daniel Luis de Carvalho, (Danny, Dan)

Male 1989 - 2009  (20 years)


Personal Information    |    Media    |    Notes    |    All    |    PDF

  • Name Daniel Luis de Carvalho 
    Suffix (Danny, Dan) 
    Born 11 Jun 1989  Kroonstad Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    _UID D6B1901354EED41198970000E87852C6F8F4 
    Died 15 Jul 2009  Na 11vm, Sunninghill Hospitaal Find all individuals with events at this location 
    Buried 22 Jul 2009  Vanuit die Gereformeerde Kerk, Heidelberg, Heidelberg begraafplaas Find all individuals with events at this location 
    Person ID I188  Blignaut Family
    Last Modified 21 Nov 2009 

    Father Luis Filipe Goncalves de Carvalho, (Luis),   b. 4 Apr 1966, Luanda, Angola Find all individuals with events at this location,   d. 13 Dec 1992, Vanderbijlpark Find all individuals with events at this location  (Age 26 years) 
    Mother Lynnette Marais, (Lynnette, Lynn, Tippa) 
    Family ID F132  Group Sheet  |  Family Chart

  • Photos
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho en familie
    Danny de Carvalho en familie
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho - 11 Jun 1989 - 15 Jul 2009
    Danny de Carvalho en Janet
    Danny de Carvalho en Janet
    Danny de Carvalho en Jp
    Danny de Carvalho en Jp
    Danny de Carvalho - Matriekafskeid
    Danny de Carvalho - Matriekafskeid
    Danny de Carvalho en vriende
    Danny de Carvalho en vriende
    Danny de Carvalho vor die vlag van Portugal
    Danny de Carvalho vor die vlag van Portugal
    Danny de Carvalho wys sy spiere
    Danny de Carvalho wys sy spiere
    Danny de Carvalho en Victor
    Danny de Carvalho en Victor

  • Notes 
    • Geskryf deur sy ouma, Grieta Mitchley (* Ferreira):
      Dan het skoolgegaan by Laer Volkskool en toe later Hoër Volkskool waar hy die einde 2007 gematriekuleer het.
      Aan die einde van st 9 het ek vir hom die rooi Corsa gegee waarmee hy dan later die ongeluk gehad het.
      In sy matriekjaar is hy aangewys as die Gees-gabba van die skool en het by alle skool byeenkomste gees gewek by die ander leerlinge.
      Hy en sy meisie Jeanette Fourie, is aangewys as die besgeklede paar by die Matriekafskeid en het met n spierwit Limo daar opgedaag.
      In dieselfde jaar 2007, het hy deelgeneem aan die Mnr Heidelbergkompetisie waar hy as eerste prins gekroon is.
      In Februarie 2008 het hy begin werk as n vakleerling Milwright by ARE Engineering in Alberton maar het in Mei 2008 van werk verander na n vakleerling CNC Machinist by Wade Pump in Wadeville Germiston waar hy gewerk het tot met sy ongeluk.
      Danny se ongeluk het plaasgevind teen skemertyd Vrydagaand die 15e Mei2009 op die Carnival City/Heidelberg pad - 12 km vanaf Heidelberg. Hy was amper by die huis. Daar was 3 ander jongmense saam met hom waarvan 1 niks oorgekom het nie en die ander twee slegs geringe beserings. Maar Dan het uitgeval. Hy het sy rug gebreek, sy regter long het gebars, sy borsbeen in 3 plekke gebreek en beentjies in sy hand gebreek en by dit ernstige hoofbeserings. Niemand het gedink hy sou bykom nie, behalwe een dokter, Dr Capatos, n diep Christenman wat vir Danny gebid het terwyl hy hom behandel het. Ag en toe begin die lyding. Die oggend van die 16e is hy geopereer om die long bymekaar te kry. Die Maandag die 18e is sy borsbeen geheg met n plaat. Hy was heel tyd op n ventilator.
      Toe begin die infeksies! Een na die ander maar hy het teruggeveg. Sy 4 voortande moes getrek word want dit was los en het infeksie in die mond veroorsaak.
      Hy was 2 weke in koma waarna hy wonderbaarlik wakker geword het. Maar toe weer n terugslag - sy galblaas het opgepak van al die verdowingsmiddels en het hom baie siek gemaak. Dis toe met n noodoperasie verwyder, net betyds want toe die Dr dit in sy hand het toe bars die galblaas en dit was pikswart. Van toe af het hy begin beter word. En toe begin al die wonderwerke. Hy word van die ventilator gespeen en en haal mooi op sy eie asem. Elke dag was daar n nuwe een soos hy begin n suigstokkie suig, sagte kosse eet en verskeie mense begin oplet dat hy sy been beweeg! Hy was vrek sterk in sy arms en het ons hande gereeld gedruk.en myne wou hy nooit laat los wanneer ek wou loop nie.
      Hy het begin om met sy duim oor jou hand te vryf, Sy duim in die lug te hou as jy hom vra of hy ok is soos in Sharp!
      Hy het baie keer trane in sy oe gehad. Toe opereer hulle sy rug sodat hy kon regop sit en dit was n reuse sukses. Nou beweeg die been nog meer kere.
      Hy begin om mense se gesigte te betas en hy begin sy kop knik, geluide maak en handgebare te gebruik. Hy verloor omtrent 50% van sy liggaams gewig. Maar hy vorder elke dag n bietjie. Hy poog selfs om sy naam te skryf een aand.
      Op sewe en n half weke in hoe sorg ICU (Glynwood Hospitaal Benoni) plaas hulle hom oor na die Riverfield Rehabilitasie Sentrum. Ek dink dit was n fout. Hy was baie swak. Die laaste wat ek hom gesien het was daar op Sondag 12 Julie. Ons het hom gevoer, sy hare gewas en sy lyf gemaseer. Lank gekuier van 1 tot 5. Op n kol het ek so oor hom gebuk en hom in my arms geneem en hom n dukkie gegee. Toe se hy Ouma! Dis al, net Ouma, met baie moeite en stadig maar dis al woord wat hy kon uitkry. Hy wou nie eers my hand los sodat ek kon toilet toe nie. Ek is met n baie swaar gemoed weg die dag.
      Dinsdagmiddag 14 Julie plaas hulle hom na die Sunninghill hospital om die voedingspyp direk in sy maag te plant sodat hy weer kan leer praat want hulle het gese hy sal nie kan met die buis in sy neus nie. Ek dink dit was n baie groot fout. Dan was swak en uitgeteer en volgens my het hy nie die regte sorg gekry in die sentrum nie. Ek was baie ongelukkig met die plek. Jy weet mos die gevoel wat n mens kry dat jy onrustig is oor iets.
      Om 11 uur Die woensdag 15 Julie is hy teater toe. Lynn kon nie daar wees nie en ek ook nie maar sy meisie se ouers was van vroeg af daar by hom en het beplan om heel dag daar te kuier. Nog voor hulle regtig begin het het hy blykbaar n hartaanval of stilstand gehad en hulle kon hom nie revive nie en hy is op die teatertafel oorlede.
      Sy begrafnis het plaasgevind op 22 Julie vanuit die Gereformeerde kerk Heidelberg. Ons het die kerk gekies want dit is waar hy die laaste 2 jaar van sy lewe kerk toe gegaan het met sy meisie en ook omdat sy kerk die Methodist te klein was. Dit was n massiewe begrafnis. Daar was glo meer as 450 mense-oud en jonk. Sy werksmense het met n bus gekom en die firma was vir die dag gesluit.
      Die begrafnisbrief het sy favourite slagspreuk opgehad. Carpe Diem - Seize the Day, live your life! Hy is te ruste gele in die Heidelberg begraafplaas.
      Net nog n ding. Op Saterdag 9 Mei het hy en n vriend die Papfees in Grootvlei bygewoon waar hulle n ou ontmoet. Scruffy looking deumekaar hare en baard ongeveer 30+jr. Hulle stel mekaar voor en gaan elk sy eie gang. Later die aand in die biertuin kom hierdie selfde ou na Danny, le sy hand op Dan se skouer en se: Danny jy moet jou lewe in orde kry, die Here het n plan met jou! Dit het Dan nogal geruk hoor. Hy is dadelik huistoe en het sy meisie se ma dadelik ge sms om haar te vertel daarvan.
      Dis die verhaal van my Dan se laaste 2 maande op aarde. En al vertel ek dit oor 10 jaar sal ek seker net so tjank soos nou maar dit was goed om daaroor te praat.