Van Kolberg, Duitsland. Kom in 1693 in die Kaap aan as soldaat in diens van die VOC. In 1697 gaan hy as Hoof-chirurgyn na Mauritius as opvolger van Van Heel, en is toe getroud met Magdalena Zaayman. Hy vestig die Suikerbedryf in Mauritius. Kry in 1704 Burgerregte en keer terug na die Kaap in 1705. Dien op Heemraad en Chirurgyn in Stellenbosch.