Genealogy Pages
 Blignaut Family

Inacio (Ignatio) (Ignatius) Ferreira

Male Abt 1695 - 1772  (~ 76 years)


Personal Information    |    Notes    |    All    |    PDF

  • Name Inacio (Ignatio) (Ignatius) Ferreira 
    Born Abt Oct 1695  Lissabon, Portugal Find all individuals with events at this location 
    Christened 1 Nov 1695  Parogiekerk Nossa Senhora da Ajuda, Lissabon, Portugal Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Reference Number
    _UID 12B7901354EED41198970000E87852C63A0E 
    Died 24 Aug 1772  Ten ooste van die Gouritzrivier Find all individuals with events at this location 
    Person ID I858  Blignaut Family
    Last Modified 22 Aug 2003 

    Father Manuel (Manoel) Ferreira 
    Mother Antonia Francisca da Costa 
    _UID FBB2901354EED41198970000E87852C61E53 
    Family ID F524  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Marta Terreblanche, (Terblans),   b. 12 May 1717, Drakenstein Find all individuals with events at this location 
    Married 6 Nov 1735  Stellenbosch Find all individuals with events at this location 
    Reference Number
    _UID FDB2901354EED41198970000E87852C62073 
    Children 
     1. Maria Margaretha Ferreira,   c. 30 Aug 1733, Paarl, Kaap Find all individuals with events at this location
     2. Jan Leopold Ferreira,   c. 17 Mar 1735
     3. Petrus Hendrik Ferreira,   c. 5 Aug 1736
     4. Martha Jacoba Ferreira,   c. 22 Feb 1738
     5. Hester Ferreira,   c. 18 Jun 1741
     6. Thomas Ignatius Ferreira,   c. 17 Nov 1743, Paarl Find all individuals with events at this location,   d. 1814  (Age ~ 70 years)
     7. Stephanus Ferreira, (b7),   c. 20 Feb 1746, Paarl Find all individuals with events at this location
     8. Salomon Ferreira,   c. 23 Feb 1749
     9. Ignatius Wilhelm Ferreira,   c. 17 Oct 1751
     10. Susanna Elisabeth Ferreira,   c. 19 Aug 1754
    Last Modified 21 Jul 2017 
    Family ID F523  Group Sheet  |  Family Chart

  • Notes 
    • Inacio Ferreira is die stamvader van die meeste Ferreiras in Suid Afrika.
      Hy is volgens die meeste Suid Afrikaanse genealogiese bronne omstreeks 1695 or 1696 in Lissabon, Portugal gebore. Van sy afkoms is daar egter niks bekend nie.
      Al die doopregisters tussen 1690 en 1700 van die 35 Rooms Katolieke parogiekerke in Lissabon is met die vriendelike hulp van die argiefpersoneel van die Arquivo Nacional da Torro do Tombo bestudeer en die daar was net een inskrywing gevind wat moontlik die van die doop van Inacio kan registreer. Om die naam Inacio te vind was redelik maklik want die voornaam was gedurende daardie tyd selde gebruik, maar andersins was die moeilik omdat dit die gebruik gedurende die periode was om vanne af te kort in die doopregisters. Die van Ferreira was slegs as Fra ingeskryf.
      Volgense die doopinskrywing was Inacio Ferreira op 1 November 1695 in die parogiekerk Nossa Senhora de Ajuda, of te wel, Onse Vrou van Hulpbetoning, deur die plaaslike hulppriester, vader Luis Alurz' do Soutto gedoop.
      Inacio se peetouers was Inacio de Matos en Afonceca Feques.
      Sy ouers, Manuel/Manoel Ferreira en Antonia Francisca da Costa was op daardie stadium in Alcantara, 'n voorstad van Lissabon woonagtig. Alcantara is naby die hawe waarvandaan Vasco da Gama in 1497 op sy ontdeklkingstog vertrek het.
      Inacio is gedurende die regeringstyd van koning Pedro II van die huis van Braganca, 1683 - 1706, gebore. Die aanvang daarvan is gekenmerk deur ernstige depressie, maar in die negentigerjare is goud in Brasiliƫ ontdek en Lissabon het weer floreer omdat die hawe die verspreidingspunt van die metaal geword het. Tydens die bewind van Pedro se opvolger, Joao V, of Joao die Edelmoedige, 1706 - 1750, is die adelstand en die kerk bevoordeel terwyl die gewone Portugese burger steeds verder verarm het. Die stand van sake en die feit dat hy naby die hawe gewoon het, verklaar waarskynlik waarom Inacio besluit het om in die diens van die Engelse Oos Indiese Kompanjie te tree.
      Inacio was 'n matroos op die Chandos, 'n skip met 'n tonnemaat van 440, wat aan die Engelse Oos Indiese Kompanjie behoort het. Op sy terugvaart van Bengale na Engeland het die Chandos in die nag van 16 of 17 Mei 1722 as gevolg van 'n hewige storm naby die Kasteel in Tafelbaai gestrand. In hierdie storm het elf skepe vergaan en 660 skeepslui verdrink. Van die 70 bemanningslede van die Chandos het slegs twee verdrink. Een van die wat aan wal gestap het, was Inacio Ferreira.
      In opgaafrol J316 van 1752 het hy nege seuns, drie dogters, agt perde, vyftig rundvee, 900 skape, een snaphaan en en degen. In opgaafrol J317 van 1762 vir Swellendam het jy drie seuns, een dogter, ses perde, tagtig rundvee, 600 skape, een snaphaan en een degen.
      Die ouers wat hier saam met Ignacio gelys word, is heel waarskynlik sy regte biologies ouers, maar daar was geen bewyse hiervan gevind in enige dokumantasie nie en mag nie as die waarheid aanvaar word nie.