Sy sterkennis is op 'n skoon vel papier geskryf en daar ontbreek baie van die inligting wat normaalweg op 'n sterfkennis verskyn. Daar is ook geen handtekening van die skrywer van die sterfkennis nie. Sy ouers word daarop aangegee as slegs Dawid en Anna. Sy kinders word gelys as Autje?, Bella, Sammie, Daniel en Philip. Die testament is "Geteken op de Plaats genaamt Rietfontein gelegen aan Camanasie? onder het distrik George". Sy name kom ook voor as Jacobus Petrus Johannes Stephanus Herman.Sien ook KAB MOOC 7/1/204 50 vir die testament van Isabella Fredericka Catharina Philippina Janse van Rensburg. Een van die getuies op die sterfkennis is Petrus Hendrik Herman - moontlik 'n broer van Jacob.
Van distrik Beaufort toe hy sterf.