Genealogy Pages
 Blignaut Family

Philippus Petrus Jacob Blignaut, (Philip)[1, 2]

Male 1960 - 2019  (58 years)


Personal Information    |    Media    |    Notes    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name Philippus Petrus Jacob Blignaut 
    Suffix (Philip) 
    Born 4 Jul 1960  Bethlehem, Vrystaat Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Address Address:
    PO Box 15
    Hoofstaat
    Paarl, WP 7622
    ZA 
    EMAIL philip@blignaut.co.za 
    Occupation Paarl Find all individuals with events at this location 
    IT Stelsels Spesialis 
    Phone +27 (0) 82 779 3925 
    URL http://www.philip.co.za 
    _UID 6EB0901354EED41198970000E87852C68F65 
    Died 16 Mar 2019  Brackenfell, Cape Town Find all individuals with events at this location 
    Person ID I8  Blignaut Family
    Last Modified 30 Dec 2020 

    Father Paulus Francois Blignaut, (Polie, Frans),   b. 26 Aug 1932, Kestell Find all individuals with events at this location,   d. 18 Nov 2012, Midvaal Hospitaal, Vereeniging Find all individuals with events at this location  (Age 80 years) 
    Mother Judith Aletta Gertruida Ferreira, (Jud) 
    Family ID F1  Group Sheet  |  Family Chart

  • Photos
    Chris Blignaut saam met sy broerskind Philip Blignaut
    Philip Blignaut saam met sy oom Chris Blignaut
    Philip Blignaut in Graad Een
    Philip Blignaut in Graad Een
    Bennie Blignaut, Séan Blignaut en Philip Blignaut voor die Blignaut Huis in Hoofstraat, Paarl
    (At least one living or private individual is linked to this item - Details withheld.)
    Van links na regs: Bennie Blignaut, Philip Blignaut en Johan Blignaut
    (At least one living or private individual is linked to this item - Details withheld.)
    Philip Blignaut se huis - einde 1999
    Philip Blignaut se huis - einde 1999
    Philip Blignaut se huis - begin 2001
    Philip Blignaut se huis - begin 2001
    Philip Blignaut se huis - einde 2001
    Philip Blignaut se huis - einde 2001
    Philip Blignaut se huis - September 2002
    Philip Blignaut se huis - September 2002
    Lizette, Philip en Lindie
    (At least one living or private individual is linked to this item - Details withheld.)

  • Notes 
    • Hy gaan skool te Hendrik van der Bijl Laerskool, Vanderbijlpark, vanaf Graad 1 tot die einde van Standerd 3. Sy ouers verhuis aan die einde van daardie jaar en hy voltooi Standerd 4 en 5 by Laerskool Voorslag, ook te Vanderbijlpark. Sy hoërskoolloopbaan voltooi hy aan die einde van 1977 te Transvalia Hoërskool, Vanderbijlpark met twee onderskeidings. In 1978 begin hy met 'n BSc Ingenieurswese graad by RAU, maar besluit aan die einde van 1979 om eerder tou op te gooi met die studies. In 1980 begin hy werk as junior programmeur by YSKOR, vandag ISCOR, in Vanderbijlpark. Gedurende 1981 en 1982 doen hy verpligte militêre diens. In 1983 keer hy terug na sy werk, maar in November dieselfde jaar aanvaar hy 'n pos by die SA Perm, vandag Permanent Bank, in Johannesburg, as sagteware programmeur. Hy aanvaar 'n pos by Burroughs, later UNISYS, Unidata en weer UNISYS, in Johannesburg en begin in Desember 1984 daar werk. Gedurende daardie tyd spandeer hy baie tyd weg van die kantoor by kliente. Hy het onder andere kursusse aangebied in die voormalige Transkei en moes partykeer skuiling gaan soek gedurende opstande. Op een van sy besoeke daar is al die ruite van sy huurmotor met bakstene uitgegooi deur oproeriges en hy moes inderhaas omdraai en terugjaag na die lughawe. Op 'n ander geleentheid het hy en van sy kollegas rekenaarstelsels geïnstalleer in 'n kindertronk. Met sy laaste projek by UNISYS het hy gewerk aan 'n gerekenariseerde bestuurderslisensiestelsel in Botswana. Meeste van sy tyd daar het hy verkies om in 'n tent in 'n karavaanpark, net buite Gaborone, te woon. Terwyl hy in diens van UNISYS was, het hy eers in Hillbrow, Johannesburg gewoon en later in Sunnyside, Pretoria. In Julie 1999 aanvaar hy 'n pos by Bolank PKS, voorheen Boland bank en tans BoE Bank in die Paarl, en verhuis na die Kaap. In 2002 woon hy in Brackenfell. Hy begin in 1979 belangstel in genealogie en begin inligting versamel rondom sy onmiddelike familie. Later werk hy aan sy kwartierstaat, maar werksdruk en baie tyd weg van die huis noop hom om die projek tydelik te staak. Met sy verhuising na die Kaap kom hy in aanraking met ander genealoë en met die nabyheid van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika in Stellenbosch en die Nasionale Argiewe in Kaapstad, vat die stokperdjie weer vlam. In Desember 2001 oortuig Alet Swanepoel, van die Paarl, hom om alle Blignau(l)ts te begin navors. Hierdie webwerf en hopelik later 'n boek, is resultaat daarvan.

  • Sources 
    1. [S1] Familiebybel in besit van Paulus Francois Blignaut * 26 Aug 1932.

    2. [S442] Facebook Profile, philip.blignaut.