Doopgetuies: Stefanus Isaias Ferreira en Elizabeth Barnard.
Sy was 'n merkwaardige dapper vrou. Na haar man se dood het haar broers haar bygestaan met hulp en goeie raad. In die latere jare was dit veral oom Barnie en tant Anna wat haar gehelp het met die boerdery.
Sy het alleen op die plaas gewoon en ons kinders was baie besorg omdat sy nooit snags die agterdeur gesluit het nie. Sy het dan gesĂȘ; "Vir 'n skelm en 'n Afrikanerbees is ek nie bang nie."
Daar was 'n buite-oond waar sy baie beskuit gebak het vir die huisgesin asook vir ander persone. Speenvarkies vir troues en verjaarsdae is ook daarin gaargemaak en mooi bruingebak.
Met haar tagtigste verjaarsdag het sy nog steeds op die plaas Alsace gewoon. Later het sy egter om die beurt by haar kinders gewoon.