Genealogy Pages
 Blignaut Family

Print Bookmark

Peter (Peter) Bekker, (Becker) Stamvader van Duitsland[1, 2]

Male 1673 - 1747  (74 years)


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All

  • Name Peter (Peter) Bekker 
    Suffix (Becker) Stamvader van Duitsland 
    Birth 1673 
    Gender Male 
    _UID BEBE901354EED41198970000E87852C6ED37 
    Death 1742/1747 
    Person ID I1863  Blignaut Family
    Last Modified 5 Sep 2003 

    Family Jannetje (Jeanne, Johanna) de Klerk, (de Clerq) van Nederland 
    Marriage 1699 
    _UID 43B5901354EED41198970000E87852C66900 
    Children 
     1. Gideon Bekker,   b. 1698   d. CHILD
     2. Hester Bekker,   c. 5 Sep 1700, Stellenbosch Find all individuals with events at this location
     3. Helena Bekker,   c. 24 Dec 1701, Drakenstein Find all individuals with events at this locationd. 1780, Kaap ? Find all individuals with events at this location (Age ~ 78 years)
     4. Stephanus Bekker,   c. 16 Aug 1705, Stellenbosch Find all individuals with events at this location
     5. Dorothea Maria Bekker,   c. 15 Jan 1708, Kaapstad Find all individuals with events at this locationd. 1770 (Age ~ 61 years)
     6. Marthinus Bekker,   c. 14 Dec 1710, Stellenbosch Find all individuals with events at this locationd. 1752 (Age ~ 41 years)
     7. Catharina Margaretha Bekker,   b. Abt 1712
    Family ID F543  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 21 Jul 2017 

  • Notes 
    • Hy kom op 16 April 1695 vanaf die Konigsberge in die Kaap aan. Hy is 'n soldaat in diens van die Kompanjie aan boord van die skip Voetboog. Word burger en boer in Drakenstein.
      Pieter was 'n baie wreedaardig en het gereeld vir Jannetjie en die kinders aangerand terwyl by besope was. Sy stiefseun Pieter Gouws het in 1710 voor die Raad van Justisie getuig dat sy stiefpa "een wreed en streng man is" en dat hy "soo menig maal de kinderen en de slaven slaat".
      Hy het op 1 Oktober 1701 tydens 'n militêre parade in Stellenbosch voor almal aan kornet Jan Stevensz Botma van die Dragonders onder wie se bevel hy was, gesê dat hy nie diens wil doen nie. Hy het vreeslik luid geraas en geskel. Kaptein Olof Berg het hom 'n paar keer met 'n rottang geslaan. Pieter het wild met sy rewolwer begin skiet . Hy is op 10 November 1701 verhoor. Hy is skuldig bevind en is vir sy straf vir 10 jaar na Mauritius verban. Hy sou op Robbeneiland aangehou word totdat 'n vloot Tafelbaai sou aandoen om hom na Mauritius te neem. Hy het egter ontsnap en het die binneland ingevlug.
      Dit is nie seker of hy openlik op sy plaas aangebly het nie, maar tussen 1702 en 1711 is daar nog vier van sy kinders gebore.
      PIeter is in 1710 verdink dat hy twee van sy slawe so geslaan het dat hulle aan hulle wonde beswyk het. Hy het nie soos die wet dit verplig die sterftes by die Heemrade aangegee nie.
      Pierre Mouy het getuig dat hy gedurende die nag van 26 April 1710 by die Bekkers oornag het. Hy het gesien hoe Pieter die slavin met kettings aan die vuurherd wasboei.
      'n Slaaf van Jean Bevernagie is in opdrag van Pieter Bekker deur Pieter se slaaf so geslaan dat hy 'n groot wond aan sy kop gehad het. Pieter Gouws was ook teenwoordig. Pieter Gouws en een van Bekker se slawe het by Etienne Terreblanche gaan kuier en aan hom vertel dat Bekker hulle die opdrag gegee het om Bevernagie se slaaf te slaan.
      Toe hulle by die huis kom het Bekker hulle so geslaan en mishandel dat die slaaf kort daarna dood is.
      Hy is uiteindelik in Mei 1710 in hegternis geneem vir die aanranding en dood van die slawe Andries en Alexander ('n Khoi) en vir die mishandeling van sy slavin Maria van Ceylon.
      Maria van Ceylon het getuig dat sy vir drie dae lank deur Bekker, sy kneg, Matthys Craal, asook die slaaf Frans en die Khoi, Joachem geslaan en gemartel is omdat sy nie 'n pan wou skoonmaak nie.
      Matthys Craal het ook getuig dat hy deur Bekker gedwing is om Maria met 'n kweperlat te slaan en haar daarna met menslike urine, sout en peper te was.
      Maria was op die derde dag aan die vuurherd vasgeketting en was so naby daaraan dat haar vel verbrand het. Die aand het Bekker en sy vrou Jannetjie saam met die kneg Matthys wyn gedrink en kaart gespeel.
      Maria is van die vuur verwyder en is gedwing om repe van haar eie vleis wat in repe deur Joachem met 'n tang afgetrek is te eet. Daarna het Jannetjie haar gedwing om van haar, Jannetjie, se urine, gemeng met fyn peper te drink en haar lyf daarmee te was.
      Dit is baie duidelik dat Jannetjie glad nie so onskuldig was nie en het saam met haar man die slawe mishandel.
      Bekker is op 25 September 1710 weens sy menige misdade tot vier jaar hardepad op Robbeneiland gevonnis en daarna lewenslank na Europa verban.
      Op 24 Januarie 1715 terwyl hy op Robbeneiland aangehou is, het hy aansoek gedoen om van Jannetjie te skei op grond van owerspel.
      Jannetjie het erken dat sy owerspel gepleeg het met Mattheus de Maker vanaf Sas en dat sy ook terwyl sy Bekker op Robbeneiland besoek het met hom omgang gehad het.
      Die huwelik is amtelik op 7 Maart 1715 ontbind.
      Jannetjie was skuldig beving vir owerspel en is met 100 riksdaalders beboet.
      Na voltooiing van sy straf in 1715 is Bekker na Europa gestuur. Hy het egter weer by die Kompanjie aangesluit en het op 20 Junie 1717 weer aan die Kaap aangekom. Hy is dadelik gearresteer toe hy aan wal stap.
      Die kompanjie was so ontevrede dat Bekker sy verbanningsbevel gebreek het dat hulle hom "gecondemneert omme in de kettingh geklonken zijnde den tijd van vier agter een volgende jaaren op Robben Eiland zonder loon of gagie te arbeijden:.
      Hy is in 1742 vrygelaat en is op 26 Augustus 1745 dood.

  • Sources 
    1. [S91] Juna Malherbe - Hugenote Gedenkmuseum, Franschhoek, Jannetje de Klerk - Stammoeder van Gouws en Bekker Families - Stamvader Reeks 3.

    2. [S9] ~PEGIS Databasis.