Genealogy Pages
 Blignaut Family

Print Bookmark

Lucas Meyer[1]

Male 1753 -


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All

  • Name Lucas Meyer 
    Christening 7 Oct 1753 
    Gender Male 
    _UID BC9C9489562D1C4882D7F7B7787E6837F837 
    Person ID I7493  Blignaut Family
    Last Modified 17 Apr 2002 

    Father Izaak Meyer,   c. 24 Oct 1723 
    Mother Maria Loots,   c. 10 Aug 1732, Paarl, Kaap Find all individuals with events at this location 
    Marriage 2 Nov 1747  Paarl, Kaap Find all individuals with events at this location 
    _UID CDB2901354EED41198970000E87852C6F073 
    Family ID F485  Group Sheet  |  Family Chart

  • Notes 
    • Hy het die leningsreg op die plaas Jammersfontein aan die benedeloop van die rivier verkry. Die weireg op hierdie plaas het hy van 4 Junie 1776 tot 5 September 1787 gehou. Hy is as veldkorporaal vir die Boesmansrivier aangestel op 16 Augustus 1779.
      Die Swellendamse oosgrens het tot aan die Boesmansrivier uitgebrei in 1775. In Januarie 1783 was hy veldwagmeester en het hy die ekspedisie onder leiding van Hillegert Muller en J.A. Holtshausen gehelp om na oorlewendes van die gestrande Britse skip die Grosvenor te soek. Dit was Meyer se taak om met 25 berede manne die strand tussen die mondings van die Boesmans- en Visrivier te fynkam. As gevolg hiervan het sy kort joernaal bewaar gebly.
      Volgens leningsplaas registers het hy in die Suurveld reeds in 1784, 1785 en 1786 weireg op nog drie leningsplase verkry. nl. De Rietfontein, De Tweefonteijnen en De Karrega, terwyl hy die ordonnansie op Jammersfontein in 1787 laat vaar het.
      Hy was in Oktober 1793 nog in besit van De Rietfontein aan die Groot-Visrivier, net noord van die teenswoordige Kommadaggastasie en in die omgewing van die plek waar die Klein Vis- by die Groot-Visrivier aansluit.
      Hy het deelgeneem aan die van Jaarsveld-rebellie en is saam met die ander rebelle in die Kasteel aangehou. Na sy vrylating het hy in die wyk Boesmansrivier in Uitenhage gewoon. Sy plaas Tweefontein gelee boven de Touwie (Kowie). Vanaf 1812 is begin met die aanlê van 'n militêre nedersetting op Tweefontein, vir die nuwe hoofkwartier van die Cape Regiment en sou spoedig daarna tot Grahamstad herdoop word en uit amptelike stukke kan afgelei word dat hy die plaas in April 1810 moes ontruim.

  • Sources 
    1. [S9] ~PEGIS Databasis, A23459.
      624p7